Hoe werk die produk?

HOE WERK DIE PRODUK?

Orbi Serve is gestig in reaksie op die behoefte aan ‘n alternatiewe finansieringsmodel vir die Suid-Afrikaanse landboumark. Tradisioneel word landbou-aktiwiteite gefinansier met roerende en/of onroerende bates as sekuriteit. Dit lei dikwels tot:

  • Gedwonge verhoudings aangesien bates as sekuriteit gehou word en die Boere min of geen alternatiewe het nie

  • Langtermynbates soos grond word in effek gebruik om korttermyn finansiering, soos byvoorbeeld produksielenings, te bewerkstellig

  • Hoë koste aangesien Boere nie maklik in en uit befondsing kan beweeg nie aangesien die bates as sekuriteit vasgevang is

  • Rolspelers werk nie saam vir ‘n gemeenskaplike doel nie, wat lei tot verhoogde risiko vir die Boer en finansierder

Orbi Serve keer die tradisionele finansieringsmodel onderstebo!

Eienskappe van die Orbi Serve krediet Platvorm

  • Orbi Serve doen slegs sake met regsentiteite (maatskappye, BK’s, Trusts en vennootskappe)

  • ‘n Oesversekeringspolis is ‘n vereiste (slegs haelpolis)

  • Krediet word verskaf vir direkte insette soos bv oesversekering, saad, chemiekalieë, kunsmis, diesel en verkoop (“putt”) opsies

  • Gewasse is beide somer- en winter rygewasse soos mielies, sojabone, sonneblomme, koring en gars

  • Pekanneute, lusern en grondbone onder besproeiing alleenlik, en vir lusern en grondbone word oesversekering nie vereis nie

  • Geen onroerende of roerende eiendom word as sekuriteit geneem nie

  • Dit beteken die Boer se verhouding met ander finansierders word nie geraak nie

  • Orbi Serve fasiliteer krediet en die befondsing daarvoor word voorsien deur ons befondsingvennoot / -vennote. Sien meer by “Ons vennote”

  • Die krediet verskaf word verseker deur oesversekering, kredietversekering, gebeurlikheidsversekering of ‘n kontant kollateraal deposito by ons Oesbonus klante

  • Sessies word geneem van die oesversekeringspolis, ‘n spesifieke deel van die oes (wat genoeg is om die krediet te dek) en ‘n algemene sessie

  • Die Boer kan die graan bemark aan wie en waar hy/sy verkies. Orbi Serve het verhoudings met toonaangewende afnemers van die produkte, nl:
    • neXgro
    • Rand Agri
    • Charich Grain Commodities
    • SA Pecans
    • SA Peanuts en
    • Terradam

  • Klante wat ‘n 10% kontant kollateraal deposito betaal verdien rente op daardie deposito asook ‘n Oesbonus van 1,5% van die krediet opgeneem. Hierdie Oesbonus en die rente verdien op die kollaterale deposito lewer ‘n opbrengs van 20% teen huidige rentekoerse. Sou hierdie opbrengs aangewend word om die kredietkoste te verlaag is die kredietkoste wesenlik laer as prima

  • Kredietkoste word enkelvoudig bereken

  • Die minimum totale krediet waarom waarvoor aansoek gedoen kan word is R 2 miljoen en die regsentiteit se balansstaat moet kapitaal aandui van ten minste 2.5 die keer die krediet waarvoor aansoek gedoen word

  • Vir pekanneute, lusern en grondbone is die minimum krediet waarvoor aansoek gedoen kan word R1 m

Waar begin ek?

  • Orbi Serve sluit ooreenkomste met Insetverskaffers

  • Insetverskaffers of ‘n Boer kan ons kontak en aandui daar is ‘n behoefte aan krediet vir die Boer

  • Ons reël dan dat ‘n oesversekeringsmakelaar of agent die Boer besoek en die kredietaansoek en oesversekeringsaansoek afgeneem word

  • Indien dit ‘n Insetverskaffer is met wie ons nog nie ‘n ooreenkoms het nie, hanteer Orbi Serve die transaksie direk met die Insetverskaffer

  • Ons verwerkingstyd van volledige kredietaansoeke is normaalweg 20 werksdae

Ons streef daarna om die proses so vaartbelyn en eenvoudig as moontlik te maak en sien daarna uit om U van meer besonderhede te voorsien.

Hoekom Orbi Serve?

  • Die Boer kies self die krediettermyn en is tipies tussen 120 en 270 dae wat voldoende is vir die Boer om ‘n oes te plant en te verkoop en Orbi Serve terug te betaal

  • Ons neem die aansoek direk, via die oesversekeringsmakelaar of agent, by die Boer af

  • Ons betaal die Insetverskaffer direk

  • Geen bates word beswaar met verbande nie

Vrae & Antwoorde

  • Kredietkoste hang af van die kredietkeuring, die Boer sal ‘n kredietkwotasie ontvang met die kredietkoste en -termyn wat die Boer kan aanvaar
  • Orbi Serve vra die boer ‘n 2% fasiliteringsfooi, wat BTW draend is
  • Ja, want die kredietkoste is baie mededingend, veral met inagneming van die Oesbonus
  • Die krediettermyn is tipies 180 dae en nie die gewone 7 tot 9 maande nie, omdat die termyn korter is die kredietkoste minder
  • Die Insetverskaffer dra die krediet die eerste ongeveer 45 dae totdat betaling aan die Insetverskaffer geskied
  • Geen hanteringsfooie of verhoogde premies word gehef nie
  • Ja, Orbi Serve bring rolspelers bymekaar wat al baie jare bestaan en fasiliteer Orbi Serve net die krediet wat verskaf word. Ons vennote met wie Boere sake doen is gevestigde rolspelers
  • Orbi Serve dra ook risiko in die krediet wat verskaf word deurdat ons ‘n bydrae maak tot ‘n gebeurlikheidspolis
  • Die sessie is vir ‘n spesifieke jaar, plaas, lande en gewas of gewasse
  • Dit verbied ander sessies, en rangeer voor ander bestaande sessies oor die spesifieke gewasse en lande
  • Die opbrengs op die oes kan net aan die finansierder betaal word
  • Alle geld wat oorbly vanaf die sessie nadat die finansierder betaal is, word aan die Boer uitbetaal
  • Dié sessie beïnvloed nie die ander sessies op die oes nie
  • Die sessie beskerm dus die Boer daarin dat fondse net aan die finansierder en die Boer self betaal kan word.  Ander sessies van derde partye  kan nie betaal word nie
  • Ongelukkig doen Orbi Serve net met regsentiteite sake soos hieronder verduidelik word
  • Kan die Boer, nou of in die toekoms na keuring, die trekking van die krediet vir insetkostes verdeel – bv nie die volle bedrag na goedkeuring benut nie, maar eerder deur die seisoen soos benodig, bv. Januarie se gifbespuiting se krediet eers vanaf Januarie benut?
  • Ja, dit is moontlik. Die totale krediet word aanvanklik goedgekeur, en dit kan in dele op verskillende tye opgeneem word. Elke opname van krediet word dus geag vir ‘n afsonderlike periode van 180 dae te wees, of die periode kan korter gemaak word van bv Februarie tot einde Julie, dus 150 dae. Die insetverskaffer sal egter moet toestem tot die betaaldatum
  • Die kredietkeuring is vir 6 maande geldig en kan dus reeds 6 maande voordat die krediet opgeneem gaan word voor aansoek gedoen word, bv. in die Winter vir die opkomende Somerseisoen
  • Regsentiteite val nie binne die bestek van die Krediet- en Verbruikersbeskermingswette nie. Die 2 wette stel spesifieke maniere daar om dispute te besleg, en los dispute op deur middel van Ombudsmanne.  Die sessies en borgstelling wat Orbi Serve neem kan nie deur Ombudsmanne besleg word nie maar sal afgedwing word, indien nodig, deur ‘n regsproses via die howe.  Om dié rede moet Orbi Serve en die verskaffer van krediet (en ook die Boer se regsentiteit aan die anderkant) direk toegang hê tot die howe indien dit ooit nodig sou wees
  • ‘n Ander belangrike rede waarom Orbi Serve slegs met regsentiteite sake doen is die Oesbonus. Die Versekeringswet bepaal dat slegs regsentiteite gebeurlikheidspolisse mag uitneem. Die Oesbonusword vir die Boer (die regsentiteit) in ‘n gebeurlikheidspolis geplaas.  As die Boer nie ‘n regsentiteit is nie, kan die Boer nie deelneem aan die Oesbonus nie
  • Nie noodwendig nie. Ons skryf nie voor wanneer of aan wie die Boer sy/haar graan moet verkoop nie, die Boer moet slegs die krediet terugbetaal  binnie die ooreengekome tydperk (tipies 180 dae). Indien dit uit die opbrengs van die graan moet wees sal die Boer ‘n gelyke waarde se graan moet verkoop
  • Ja, die boer kry soos normaalweg ‘n faktuur vanaf die Insetverkaffer of versekeraar en ook van Orbi Serve af, en hy kan dadelik die BTW terugeis