Ons verskaf aan Insetverskaffers ‘n pasmaak oplossing deur krediet te fasiliteer vir Boere wat insette by hulle aankoop. In die proses word ‘n kredietfasiliteit vir die Boer geskep, teen uiters mededingende kredietkoste, sonder om enige vaste of roerende bates as sekuriteit te neem en meng die fasiliteit nie in met die Boer se bestaande finansieringsverhouding nie. Die proses word gefasiliteer deur oesversekeringsmakelaars en Insetverskaffers.
“Do not judge each day by the harvest you have reaped, but by the seeds you have planted”